KIMBERLEY – Inwoners van Cameliastraat, Roodepan, lewe al vir ’n maand met riool wat in hulle erwe en huise inloop.
Candes Smith, ’n inwoner wat in die straat woon, sê die probleem is al menigmale by die munisipaliteit ingedien. “Dit is al meer as ’n maand wat dit so in ons huise inloop. Ek het ’n klein babatjie.”
FiND iT het navraag by die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen.





