AfriForum skenk spekbome aan Minerva Gardens

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – AfriForum Kimberley, ’n burgerregteorganisasie wat Afrikaners, Afrikaanssprekendes en ander minderheidsgroepe in Suid-Afrika mobiliseer en hul regte beskerm, het vandag vir Minerva Garden-aftreeoord spekbome geskenk. AfriForum skenk al vir die laaste vier jaar bome vir die aftreeoord.

Ian Smith, voorsitter van AfriForum Kimberley, sê die inperking het almal hard getref. “Dit het veroorsaak dat ons baie van ons projekte hierdie jaar moes kanselleer. Ons het besluit om nie hierdie jaar weer bome te plant soos laasjaar nie, maar eerder vir die gemeenskap elk ’n spekboom te gee.”

Elke bejaarde by die oord wat die dag bygewoon het, het ’n spekboom ontvang.

Elfrieda du Preez van Minerva Gardens het ook ’n beurt gehad om vir AfriForum dankie te sê.

Ian Smith en Frieda Jacobs
Ian Smith en Elfrieda du Preez