5 Maatskappye verwyder TREsemmé

Deel hierdie storie / Share this story

Shoprite en Checkers, Dis-Chem, Makro, Woolworths en Pick ’n Pay het op sosiale media bevestig hulle verwyder alle TREsemmé-produkte.

Dit volg nadat Clicks eerste die verwydering van alle TREsemmé produkte vir verkope aangekondig het. Die EFF betoog sedert Maandag by Clicks-winkels oor ’n sjampoe-advertensie wat op hulle webtuiste geplaas is en as rassisties opgeneem word.

Clicks het op Facebook bevestig hulle het weer vandag hulle deure heropen en het planne gereed om klante en werknemers se veiligheid te verseker. Clicks het intussen ’n hofbevel teen die EFF gekry om vandalisme en intimidasie te stop.

Clicks vergader glo vandag met die EFF in Johannesburg.

FiND iT het by Unilever navraag gedoen en wag op terugvoering.

Volg Find-it hier.