‘President Ramaphosa, hoeveel meer moet nog sterf?’

Deel hierdie storie / Share this story

’n Begrafnisdiens is Saterdagoggend vir die Rafferty-egpaar, wat op 29 Augustus koelbloedig op hulle plaas in Normandien in KwaZulu-Natal vermoor is, gehou.

Foto: Glen en Vida Rafferty

Lede van die publiek het die afgelope naweek met nog ’n optog teen plaasaanvalle en -moorde aan hulle hulde gebring.

Omtrent ’n duisend wit kruise is vir kilometers op ’n roete verby hulle plaas langs die pad aangebring. ’n Groot banier met die woorde: “President Ramaphosa, hoeveel meer moet nog sterf?” is aan die einde van die roete oor die pad aangebring.

Niemand is nog in verband met die moorde in hegtenis geneem nie.