’n Clicks-winkel in Emalahleni in Witbank is vroeg vanoggend met ‘n petrolbom bestook.
Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, sê die voorval het om ongeveer 01:00 plaasgevind.
Geen skade is aan die binnekant van die winkel aangerig nie, maar die glaspanele aan die buitekant van die winkel is beskadig.
Niemand is tot dusver in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.
EFF-lede betoog vanoggend by Clicks-winkels regoor die land. Clicks het vroeër aangekondig dat winkels, ten spyte gan die EFF se dreigemente gister, steeds vandag hulle deure sal oopmaak.




