EFF verklaar “oorlog” teen Clicks

Deel hierdie storie / Share this story

Julius Malema, leier van die EFF, dreig Clicks met “oorlog” nadat hulle swart vroue se hare as “droog en beskadig” beskryf het.

“As hulle hul oorlog soek, gee dit vir hulle. Dit geld ook vir winkelsentrumeienaars wat julle toegang weier. Niemand sal swartmense disrespekteer na 2013 en geen gevolge dra nie. As dit die dood beteken, dan is dit so. Ons is reg vir die grootste opoffering om swart mense te regverdig,” het Malema op Twitter gedeel.

Hulle neem volle verantwoordelikheid

Clicks het verklaar hulle neem volle verantwoordelikheid vir die advertensie wat op hulle webwerf gepubliseer is en het verskoning daarvoor gevra. Die advertensie is ook intussen verwyder.

Die EFF het in ’n verklaring gesê alle Clicks-winkels in Suid-Afrika moet ten minste vanaf Maandagoggend tot Saterdag 12 September 2020 gesluit wees. Die EFF se lede is glo versoek om winkels wat wel oopmaak tot stilstand te bring. Clicks het verklaar hulle het planne gereed om die veiligheid van klante en personeel te verseker.

https://www.instagram.com/p/CEwY6kiJalq/?igshid=m658q1r4c3xr

Volg Find-it hier.