OOS-KAAP – Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die ouers het op ’n plaas in die omgewing van Patensie met mekaar gestry voordat die man die baba gegryp en verdwyn het.
Die K9-eenheid se Misty
Die polisieverklaring sê toe die man nie om 21:00 teruggekeer het nie, het die ma die polisie in kennis gestel van die voorval.
Naidu sê hulle het die hele nag sonder sukses na die 17 maande oue baba in die lemoenboorde gesoek.
Die K9-eenheid se Misty, polisiehond, is Woensdagoggend touwys gemaak om die polisie met die soektog te help.
Hy het ’n verklaring afgelê
Misty het ‘n reuk opgetel en die polisie het die 24-jarige pa en sy baba tussen laaghangende takke van bome gevind. Dis nog nie bekend waar hulle die nag deurgebring het nie. Die baba is glo daarna na die hospitaal geneem vir ondersoeke.
Naidu sê die pa is nie aangehou nie, maar hy het ’n verklaring afgelê. Die saak sal na die hof verwys word vir ‘n beslissing of die man vervolg gaan word of nie.
Volg Find-it hier.



