KAAPSTAD – Dinah Fourie(102) , die oudste inwoner in die ouetehuis in Kenington, het herstel nadat sy positief vir die gevreesde virus getoets het.
Fourie is een van die 1 430 inwoners van ouetehuise oor die Wes-Kaap wat teen einde Augustus reeds van Covid-19 herstel het.
Nie hulle families kan sien nie
Die departement van maatskaplike ontwikkeling sê die aantal mense wat herstel, toon ’n toename, terwyl die aantal wat geïnfekteer, word afneem. Fourie sê sy sien die uitdagings wat saam met die pandemie kom, veral die inwoners wat nie hulle families kan sien nie.
Volg Find-it hier.



