Man aangekla van moord op ouers en broer

Deel hierdie storie / Share this story

BLOEMFONTEIN – Jacobus Visser, wat op drie aanklagte van moord en regsverydeling teregstaan, het vandag in die landdroshof hier verskyn. Die aanklagte kom nadat die lyke van sy pa, ma en een broer met skietwonde in hulle huis gevind is.

Jacobus het glo die polisie van ‘n selfdoodpakt vertel. Die ma het na bewering die aand voor die voorval aan sy wendyhuis geklop en hom van dié planne vertel, waarna hy gesê het hy wil niks daarmee te doen hê nie.

Hy het glo in die hof aanhou sê hy is nie skuldig aan nie moorde nie, maar het wel aan die bewyse gepeuter.

Die verhoor is tot volgende week vir ’n formele borgtogaansoek uitgestel.

Volg Find-it hier.