Ed Sheeran verwelkom eersteling

Deel hierdie storie / Share this story

Ed Sheeran (29), ’n Engelse sanger, liedjieskrywer en akteur en sy vrou, Cherry Seaborn (28), het verlede week ’n babadogtertjie ryker geword.

Die bondeltjie vreugde, Lyra, is vernoem na die hoofkarakter van Sheeran se gunstelingboekreeks, His Dark Materials.

Sheeran het in sy eerste amptelike sosialemedia-plasing sedert Desember 2019 gesê dit gaan goed met Mamma en Baba.