Hond red man se lewe tydens rooftog

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD – ’n Dobermann is geskiet terwyl hy sy eienaar tydens ’n rooftog beskerm het.

Lood de Jager (58) is deur die rowers huis toe gevolg nadat hy sy salaris by ‘n OTM gaan trek het. De Jager is buite die hek van sy huis deur die rowers gekonfronteer en daar is aan hom gesê om die geld te oorhandig, anders word hy geskiet.

De Jager se kleindogter het intussen die hek saam met die honde kom oopmaak. Die honde het die rowers gesien, waarna een uitgehardloop en een van die rowes aangeval het. Die rower het twee skote afgevuur, waarvan een die hond getref en die ander een verby die meisie se been gevlieg het.

Die hond het die voorval oorleef en herstel by die huis.

Volg Find-it hier.