93% kinders nie in motorstoeltjies nie

Deel hierdie storie / Share this story

’n Volwassene wat ’n kind tydens ’n ongeluk vashou, kan geen beskerming tydens ’n ongeluk bied nie. “Kinderpassasiers-veiligheidsweek vind internasionaal vanaf 7 tot 11 September plaas, en ons by Maxi-Cosi wil mense graag laat praat oor die belangrikheid van ons kinders se veiligheid in motorvoertuie in Suid-Afrika,” sê Debbie Billson, bedryfsdirekteur vir Maxi-Cosi.

‘n Gebrek aan kinderveiligheid

Die wet sê elke kind onder die ouderdom van drie jaar moet in ‘n motorstoel vasgemaak wees, maar Arrive Alive se statistieke toon 93% van die motoriste, taxi’s en busdienste pas nie hierdie wet toe nie. Die meeste beserings in motorongelukke is te wyte aan ‘n gebrek aan kinderveiligheid.

Kinders onder die ouderdom van drie moet volgens wet in ‘n motorstoel vasgehou word. Kinders onder 150 cm is nie veilig as hulle net deur ‘n veiligheidsgordel vasgemaak word nie.

794 kinders omgekom

Safe Ride se statistieke toon ongeveer 128 000 kinders onder die ouderdom van 12 jaar was in 2017 in motorongelukke beseer as gevolg van die kinderpassasiers-wetsoortreding. In dieselfde jaar het 794 kinders omgekom as gevolg van dieselfde oortreding.