Daar sal dié naweek ’n massa-optog, Move One Million, teen korrupsie in Suid-Afrika plaasvind. Die optog sal Saterdag in verskeie dorpe en stede plaasvind. Suid-Afrika word deur 18 lande wêreldwyd hierin ondersteun.
Die optog is glo net die begin van ’n veldtog van 20 maande.
“Korrupsie vier hoogty in die land en dit het tyd geword vir die land se inwoners om saam te staan en ‘n sterk boodskap te stuur,” sê Jarette Petzer, saamroeper van die veldtog.



