Seun (17) uit skoene gery

Deel hierdie storie / Share this story

Janik Wessels, ’n graad 11-leerling van HTS Middelburg en lid van die Middelburg Boxing Academy, is Dinsdag omstreeks 8:15 deur ’n Amarok-voertuig in Sondagsrivierstraat raakgery toe hy gaan draf het.

Die Amarok het glo ’n ander voertuig verbygesteek toe hy vir Wessels raakgery het. Wessels se linkerduim is gebreek, sy linkervoet is beseer, hy het van sy tande verloor en het glo ’n ernstige kopwond.