Man val vry met heliumballonne

Deel hierdie storie / Share this story

Die waaghalsige David Blaine (42) het sy nuutste toertjie uitgevoer en bykans 7 600 m in die lug opgestyg terwyl hy aan ‘n tros heliumballonne gehang het. Hy het daarna veilig na die aarde met ’n valskerm gespring.

Blaine bly in Arizona en het aan IOL gesê hy het twee jaar vir die toertjie voorberei.

In ‘n ysblok vasgekeer

YouTube het gesê dat die waaghalstoertjie, wat hy regstreeks uitgesaai het, het ‘n nuwe rekord opgestel met meer as 770 000 kykers wat die regstreekse uitsending gekyk het.

Blaine (47) het ‘n geskiedenis om toertjies uit te voer wat ’n hoë risiko is en baie uithouvermoë verg. Hy het homself al in ‘n visbak toegesluit, homself twee dae op Times Square in ‘n ysblok vasgekeer en in New York City 35 uur bo-op ‘n dun, lang pilaar gestaan.