Katjie uiteindelik uit boom gered

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die katjie wat sedert Vrydagaand in ‘n boom in Hugostraat, Monumenthoogte, vasgesit het, is vanoggend uit die boom gered.

Talitha Barnard, ‘n inwoner van Hugostraat, sê hulle is baie dankbaar vir die mense wat almal probeer help het om die katjie uit die boom te kry. “Ons wil graag spesiaal vir Rhyno van die brandweer, Mario van die Dierebeskermingsvereniging en Linda Myburgh dankie sê.”

https://www.facebook.com/441831859565179/posts/1099015593846799/