Twee mense dood in gru-botsing

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ’n Bakkie en ‘n taxi was vanoggend in ’n kop-aan-kop-botsing op die die Lerato Park-pad op pad na Barkly-Wes betrokke.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die 42-jarige manlike drywer van die bakkie en ’n vroulike passasier wat in die taxi was is op die toneel dood verklaar.

Die taxibestuurder en die ander passasier wat in die taxi was is na die hospitaal gejaag vir behandeling.

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

Enigiemand met inligting in verband met die ongeluk, kontak asseblief vir a.o. Desmond Markgraaf by 082 302 0407.

https://www.facebook.com/finditnuus/videos/974499712976382/