ZIMBABWE – Die saak van 11 olifante se skielike dood in Hwange-nasionale park word ondersoek.
Tinashe Farawo, woordvoerder van die Zimbabwiese nasionale owerheid vir parke en natuurlewe, sê bloedmonsters is na ‘n laboratorium vir ontleding geneem om die oorsaak van hul dood te bepaal.
Mét hul ivoortande
Die karkasse is gevind mét hul ivoortande wat, stropery uitsluit. In onlangse jare het stropers in Zimbabwe talle olifante vergiftig en dan hul ivoortande geneem om dit aan onwettige handelaars te verkoop.
Die dood van die olifante in Zimbabwe is soortgelyk aan die sterfte van meer as 275 olifante in Botswana se sterftes. Wetenskaplikes ondersoek nog die dood van die olifante in Botswana. Stropery, vergiftiging en miltsiekte is uitgesluit.
Volg Find-It hier.



