KNYSNA – ’n Babadogtertjie is verlate hier gevind. Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê die baba is in komberse toegedraai, gekry.
’n Klag van kindermishandeling word deur die polisie se GKS-eenheid ondersoek. Nog klagte kan bygevoeg word namate die ondersoek vorder.
Voeding en mediese behandeling ontvang
Volgens inligting wat deur die polisie op sosiale media verkry is, is die baba sonder enige noodsaaklike items daar geplaas. Die babadogtertjie het net ’n kombers en die klere wat sy aangehad het, by haar gehad.
Potjie het in verskeie berige gesê sy is na die hospitaal geneem waar sy voeding en mediese behandeling ontvang.
Volg Find-It hier.



