’n Standbeeld van Diana sal volgende jaar in die tuin naas die Kensington-paleis onthul word op die dag wat haar 60ste verjaarsdag sal herdenk.
Drie jaar terug het die tuinierspan hulde aan Diana in die tuin gebring. Dis dieselfde tuin waar Prins Harry sy verlowing aan Meghan Markle aangekondig het.
Die publiek het nie self toegang tot die tuin nie, maar inhamme is geskep waar besoekers na die tuin kan kyk. Met die herdenking van Diana se dood vandag sal talle besoekers ruikers, blomme en sagte speelgoed voor die goue hekke ter herinnering plaas.
Diana is op 31 Augustus 1997 oorlede nadat sy in ’n motorongeluk in die Franse hoofstad, Parys, betrokke was.



