KAAPSTAD – Paul Santo, van die Move one Million-groep op Facebook, het die optog oor plaasmoorde wat motorfietsryers in die Kaap gehou het regstreeks op Facebook uitgesaai. Die groep het net soos die res van die land aan die optog deelgeneem.
Die ryers het glo beplan om by die parlement in Kaapstad byeen te kom om sodoende hulle ontevredenheid oor plaasmoorde en rassisme te wys.
Die video’s op Facebook wys oomblikke later het polisie met rookgranate en skokgranate op die mense begin skiet. Die skare het glo geweier om uiteen te gaan en beledigings in die polisie se rigting geskree.
Volgens Times Live het hulle fotograaf gesien hoe word een van die motorfietsryers van die motorfiets afgeruk waarna daar ‘n rusie ontstaan het.
Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het aan verskeie mediabronne gesê die polisie sal ’n mediaverklaring uitreik.
Hier volg die video wat versprei op sosiale media:



