KIMBERLEY – Kimberley se eenheid vir gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings (GKS) het sop en vetkoek aan haweloses gegee. Vroue het ’n ekstra pakkie wat seep, ’n waslap, ’n masker en vroulike benodighede bevat, ontvang.
Sop en vetkoek ontvang
Mans, vrouens en selfs kinders van alle ouderdomme het na die bakkie gestap waar die sop ingeskep word. Opgewonde kinders het selfs teruggehardloop en hulle maatjies gaan roep om deel te hê aan hierdie fees. Die mense het met ‘n dankbare harte die sop en vetkoek ontvang. Party kon nie genoeg dankie sê vir hierdie mooi gebaar nie.
Kapt. Harriet Mckenzie sê dis die eerste keer wat Kimberley se GKS so ’n projek aanpak, maar dit sal meer in die toekoms gedoen word.
In De Beers en die middedorp
Daar was twee groot potte sop wat in De Beers en die middedorp afgegee is. Die bestanddele wat gebruik is om die sop te maak, is deur die lede van GKS geskenk.
Volg Find-It hier.






