GAUTENG – ’n Vrou is op die N12-hoofweg met ’n skerp voorwerp in die been gesteek. Sy het naby aan die Oos-Rand stilgehou en uitgeklim om haar motor se ruitveërs te verstel.
Presiese omstandighede rakende die voorval is nog nie bekend nie.
Ineke van Huyssteen, woordvoerder van die ER24, het berig die voorval lyk na ’n gewapende roof. ‘n Polisiebeampte het glo die voorval gesien en die vrou gehelp, al was hy nie aan diens nie.
Van Huyssteen sê die vrou is op die toneel behandel voordat sy na die hospitaal geneem is.
Volg Find-It hier.



