Plaasaanval – man en vrou ingewag en geskiet

Deel hierdie storie / Share this story

NEWCASTLE – Glen Rafferty (63) en sy vrou (60) is glo buite hul huis ingewag en saam met een van hul waghonde doodgeskiet nadat die aanvallers die veiligheidskameras op hul werf verwyder het.

Die aanvallers het van die toneel in die egpaar se voertuig, ’n wit Pajero, gevlug.

Die voertuig is sedertdien verlate op die N11 tussen Newcastle en Ladysmith opgespoor. Forensiese spanne was op die toneel en het vingerafdrukke geneem. Hulle versamel data met die hoop dat die aanvallers opgespoor gaan word.

Dr. Lourie Bosman, ’n leierboer en VF-Plus-raadslid wat in dieselfde gebied boer, berig die gebied ondervind geweldig baie misdaadprobleme en boere daar is al radeloos omdat hulle gereeld onder veediefstal en kwaadwillige brandstigting deurloop.

Volg Find-It hier.