Geen lentedag vir die binneland nie

Deel hierdie storie / Share this story

Die binneland gaan glo nie Dinsdag ‘n sonskyndag hê nie, maar eerder ‘n koue wintersdag.

Kevin Ingram van die Suid-Afrikaanse weerdiens in Bloemfontein voorspel die koue dae is nog nie verby nie.

Lentedag in die Vrystaat, Noordwes en die oostelike dele van die Noord-Kaap sal buie en donderbuie gekenmerk word. Ingram voorspel dit is nie ‘n groot stelsel wat deurbeweeg nie, maar ‘n paar reëndruppels kan verwag word. Volgens WeatherSA sal die grootste dele van die Noord-Kaap Saterdag temperature onder 16 grade ervaar.