Facebook gaan $100 miljoen aan klein ondernemings oor die wêreld skenk. Klein ondernemings in Suid-Afrika wat deur die Covid-19-pandemie geraak is, kwalifiseer ook om aansoek te doen om ’n skenking van R24 482 elk te ontvang.
30 000 klein ondernemings
Facebook wil 30 000 klein ondernemings in 30 verskillende lande help. Facebook sê nie presies hoeveel Suid-Afrikaanse ondernemings hy gewillig is om te help nie. Geen siftingstoetsmetode word bekend gemaak oor hoe Facebook die ondernemings uit al die magdom aansoeke gaan kies nie.
Ondernemings wat aansoek doen, mag nie tabak- of alkoholprodukte verkoop nie. Daar is streng reëls oor wie aansoek mag doen en stawende dokumente word deur Facebook aangevra.



