Port Nolloth verkragter kry lewenslank

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP – Brig. Nicky Mills, provinsiale hoof van die FCS-eenheeid in die Noord-Kaap, verwelkom die lewenslange vonnis wat op 27 Augustus 2020 in die Port Nolloth-streekshof opgelê is.

Gedreig en verkrag

Op Sondag 30 Oktober 2016, omstreeks 02:30, het die 25-jarige vroulike slagoffer in haar huis in Sizamele op Port Nolloth geslaap.

Sy is deur ’n man wakker gemaak. Die beskuldigde het haar toe met ‘n skerp voorwerp gedreig en verkrag. Die man het van die toneel gevlug en is later, dieselfde dag, deur a.o. Ulrich Aitken in hegtenis geneem.

Port Nolloth-streekshof

Die beskuldigde het in die hof verskyn en is op borgtog vrygelaat. Hy het versuim om die volgende hofdatum by te woon en ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming is deur die Port Nolloth-streekshof uitgereik.

A.o. Aitken het die beskuldigde gedurende Februarie 2019 tot by Libode in die Oos-Kaap gevolg en in hegtenis geneem.

Lewenslange tronkstraf

Aviwe Magadla, 30 jaar oud, is op 27 Augustus 2020 in die Port Nolloth-streekshof gevonnis en is soos volg skuldig bevind:

– Huisbraak met die opset om te verkrag – 8 jaar direkte gevangenisstraf

– Verkragting – lewenslange tronkstraf

A.o. Swanepoel, bevelvoerder van die eenheid in Port Nolloth FCS, het die ondersoekbeampte, a.o. Ulrich Aitken, geprys vir sy besonderse werk.

Volg Find-It hier.