PAMPIERSTAD – ‘n Verdagte (17) is vandag in hegtenis geneem op aanklag van die moord op sy ouers wie se lyke gister in die veld op Pampierstad gekry is.
Die lyke van die egpaar is deur ‘n verbyganger in die veld gevind. Kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê daar was oop wonde en merke aan hulle liggame wat daarop dui dat hulle met ‘n voertuig gesleep is tot waar hulle gevind is.
Die voorlopige ondersoek het gelei tot die seun se inhegtenisname.
Die motief agter die moord is nog onbekend.
Die verdagte verskyn op 31 Augustus in die hof.
Enigiemand met inligting oor die saak kan vir kol. Myburgh by 082 494 4584 skakel.



