Down-sindroom seun (16) doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN – Nathaniel Julies, ’n seun met Down-sindroom, is na aandete op pad na ’n winkel in Eldorado Park deur ’n polisieman doodgeskiet. Nathaniel het glo langs ’n vragmotor sy koekies gestaan en eet voordat hy geskiet is.

Volgens IOL word die polisie daarvan beskuldig dat hulle vermoedelik die seun se dood probeer wegsteek het deur die lyk onder die vragmotor uit te trek en in die polisievoertuig te laai. Hy is daarna na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem waar hy oorlede is.

Verdere ondersoeke

’n Protesaksie het in die gemeenskap uitgebreek toe die nuus van Nathaniel se dood bekend word. Die gemeenskap het gevra dat die verantwoordelike beamptes afgedank moet word.

Ndileka Cola, woordvoerder van onafhanklike polisieondersoekdirektoraat, sê die dood weens polisieoptrede word ondersoek. Verdere ondersoeke wat die verkryging van inligting van die polisie, ooggetuies, ballistiese toetse en nadoodse ondersoek insluit, moet nog gedoen word.

Volg Find-It hier.