PRETORIA – Die polisie soek steeds na die gewapende rowers wat ’n vrou voor ’n kind by die ingang van die Kippieland-dagsorgsentrum beroof het. Die verdagtes het met geld en juweliersware gevlug.
Voor ’n dagsorgsentrum
Die beeldmateriaal word wyd op sosiale media gedeel met die doel om die verdagtes te identifiseer.
Die video wys hoe ’n man met ‘n middeljarige vrou, wat saam met ‘n dogtertjie voor ’n dagsorgsentrum staan, stry. Oomblikke later skop die verdagte die vrou, waarna hy met haar besittings vlug.
Die vrou ontvang berading. ’n Saak van gewapende roof word ondersoek.
Volg Find-It hier.



