Die pyp wat op die hoek van Jacobsonlaan en Queensway gebars het, sal vandag reggemaak word.
Thoko Riet, woordvoerder vir die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê die water sal om 16:00 tot laat vanaand afgeskakel word.
“Ongelukkig sal ons nie die pyp kan herstel sonder om die waterdruk te verminder nie,” sê sy.
Die wateronderbreking sal die noordelike, oostelike en suidelike gedeeltes van Kimberley raak en sommige areas sal lae waterdruk hê.



