Chané Vertue, ‘n bekende inwoner van Kimberley, is gisteraand ongeveer 23:00 oorlede. Sy was in Kimberley bekend omdat sy baie minderbevoorregtes van kos voorsien het.
Nikki Rautenbach, haar sussie, het die nuus op Facebook bekendgemaak. Lees meer hier.
“Rus in vrede. Om 23:00 gisteraand het ons van jou afskeid geneem, my geliefde sussie, ma en vrou. Ons het ‘n staatmaker verloor. Jy is nou op ‘n beter plek. Ons gaan jou mis,” lui die Facebook-inskrywing.
Medelye stroom reeds in op Facebook vir haar familie en vriende.



