Voertuigbestuurders sal in die toekoms geen alkohol in hulle bloedstroom mag hê wanneer hulle agter die stuurwiel inklim nie.
Aan die parlement voorgelê
Mnr. Fikile Mbalula, minister van vervoer, het dit Dinsdag op ’n mediakonferensie bekend gemaak.
Mbalula sê die wet is deur die Padwysigingswetsontwerp in Julie aan die parlement voorgelê.
0%-alkoholvlak
Volgens die wet moet bestuurders ‘n 0%-alkoholvlak in hul bloedstroom hê. Die wet moet nog die groen lig vanaf die parlement kry voordat pres. Cyril Ramaphosa dit kan proklameer.
Volgens Mbalula sal daar nooit ’n permanente algehele verbod op alkohol in Suid-Afrika wees nie, maar die gebruik daarvan moet strenger gereguleer word.
Volg Find-It hier.



