OOS-KAAP – Die polisie is op soek na ag verhoorafwagtendes wat uit die Mount Ayliff-polisieselle in die Alfred Nzo-distrik ontsnap het.
Moord, verkragting en roof aangekla
Volgens die provinsiale polisiewoordvoerder, brigadier Tembinkosi Kinana, het die polisiebeamptes ’n harde geluid wat vanaf die selle gekom het, gehoor. Hy sê na ’n ondersoek gedoen is, is bevind die ysterpale en vensters van die sel is beskadig.
Kinana waarsku die gemeenskap om die polisie dadelik in kennis te stel indien iemand die mans herken omdat hulle baie gevaarlik is. Hulle is vir onderskeidelik moord, verkragting en roof aangekla.
Volg Find-It hier.



