September 16, 2021

Dit is net hare waar jy kyk!

Ons almal is lief vir ons diere, maar ons is nie altyd so mal oor die hare wat hulle oral agterlaat nie. Veral hierdie tyd van die jaar wanneer die somer naderkom, is honde en katte geneig om meer hare as normaal te verloor.

Hier is ’n paar wenke om te verhoed dat jou gunstelingtroeteldier se hare jou mal maak.

Borsel jou troeteldier daagliks:

Een van die maklikste en doeltreffendste maniere om die hoeveelheid hare wat jou troeteldier verloor te verminder, is om jou hond of kat daagliks te borsel. As jy jou troeteldier borsel, kan jy los hare verwyder en voorkom dat dit op die meubels, tapyt, motorsitplek en oral tussen-in kan afvryf en vassit.

Voeg vog by jou hond of kat se dieet:

Diere wat nie genoeg vog in hul dieet het nie, is meer geneig om hare te af te skud omdat ’n dieet wat slegs op droë kos gebaseer is (veral een wat baie vullers gebruik) swak hare kan veroorsaak wat maklik kan afbreek. Voeg elke dag ’n eetlepel olyfolie by jou dier se kos. Dit bevat omega-3-vetsure wat hul vel en pels voed.

Bad jou hond gereeld:

’n Ander nuttige wenk om die haarverlies tot die minimum te beperk, is om hom/haar gereeld te bad; As jy jou hond bad , kan dit help om die ekstra hare te verwyder en daar is baie soorte sjampoe en badmiddels op die rakke wat help om los hare te verwyder.

Alhoewel jy nooit sal kan keer dat jou dier hare verloor nie, kan jy dit definitief verminder. Probeer gerus hierdie wenke.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *