Tafel Lager Griekwa-rugbyspan se hoofafrigter sê die span is gereed

Deel hierdie storie / Share this story

Kimberley: DIE Tafel Lager Griekwa-rugbyspan se hoofafrigter, Scott Mathie , is gretig dat sy span die momentum wat hulle verlede seisoen opgebou het, behou wanneer vanjaar se Premier-liga Curriebeker kompetisie binnekort afskop.

Die afrigter is heel tevrede met sy span se voorbereiding tot dusver en is beindruk met die intensiteit wat al die spelers in hul voorbereiding tot dusver getoon het.

“Almal is fiks en ons wag in spanning om met kontak oefening te kan begin. SA rugby sal na verwagting more die spanne die groenlig gee om te voorbeiding vir vanjaar se kompetisie met kontak te kan begin.
Die Poubloues het verlede seisoen skitterend vertoon en tot die halfeindrondte van die Curriebeker deurgedring.

Die span is egter ontwrig met ‘n aantal spelers wat groener weivelde gaan soek het. Mathie se dit is een van die uitdagings wat kleiner unies jaarliks mee worstel.

Hy is egter tevrede van die gehalte van spelers wat hul vanjaar gelok het.
“Ek glo daar is genoeg talent in no ons midde om te kan voortbou op die basis wat verlede seisoen gevestig is, en weer ‘n hegte eenheid te ontwikkel”
“Ons sal egter hou by ons beleid en nie ver vooruit beplan nie, maar wedstryd tot wedstryd fokus en aanpassings maak indien nodig” het Mathie.

Hy was verlede seisoen hulp-afrigter en neem vanjaar die leisels oor.
Griekwas se visie is om te strewe om te verbeter en geleidelik progressief te kan wees.

Hy se indien Griekwas weer in vanjaar se verwagte taai en kompeterende kompetisie hul man kan staan sal dit ‘n uiterse suksesvolle seisoen wees

Volg Find-It hier.