Gastehuis-brand: nog ’n persoon oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

WITDRAAI. – Die Blinkwater-lodge wat Sondag 16 Augustus 2020 afgebrand het, het nog ’n lewe geëis. Frans Davin (36), wat met ernstige brandwonde in ’n hospitaal in Kaapstad opgeneem is, het aan sy wonde beswyk.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, het bevestig Davin is vanoggend oorlede.

Die oorsaak van die brand is in hierdie stadium nog onbekend.