KAAPSTAD – Leo Williams (9) se lewensondersteuningsmasjien is na twee weke van die skietvoorval gewond is, afgesit. Leo was besig om in sy oom se huis TV te kyk toe ‘n rubberkoeël hom in die kop tref. Die polisie was buite besig om ‘n protesaskie oor dienslewering van die gemeenskap onder beheer te kry.
Lewensondersteuningsmasjien
Volgens EWN is die familie Maandag deur die Rooikruis-kinderhospitaal ingelig dat daar niks meer vir Leo gedoen kan word nie. Leo se familie is na die hospitaal geneem waar hulle op 17 Augustus 2020 om 15:00 die besluit geneem het om die lewensondersteuningsmasjien te laat afskakel.
Die saak word deur die onafhanklike ondersoekdirektoraat ondersoek.
Volg Find-It hier.



