Fikses en onfikses pak weer hulle gimsakke

Die aankondiging van die inperking op 27 Maart 2020 het tot gevolg dat dat gims hulle deure moes sluit. Verskeie fiksheidsinstrukteurs het hulle werk verloor.

Fiksheidsinstrukteurs

In die begin van Augustus het onsekere fiksheidsbestuurders en werknemers aan optogte om gims oop te maak, deelgeneem. Die rede vir die optog was om die regering sover te kry om die gims oop te maak. Fiksheidsinstrukteurs het gevoel ’n gesonde leefstyl lei tot ‘n gesonde liggaam, wat veral belangrik is in die pandemie. Werkers het vreedsaam in strate van verskeie dorpe met plakkate afgestap, met die spreuke

Being fit saves lives” en “Gyms are essential”.

Vir amper vyf maande was gims se deure gesluit. Verskeie fiksheidsinstrukteurs het hulle werk verloor.  

Covid-19-maatreëls

Die aankondiging van vlak twee het tot gevolg dat gims en fiksheidssentrums hulle deure kan heropen. Fiksheidsbestuurders moet eers hulle planne rakende die Covid-19-maatreëls vir goedkeuring voorlê voordat hulle hul deure kan heropen.

Die proses kan tot ‘n week duur.

Volf Find-It hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *