VERMIS: Josline Titus (19)

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die 19-jarige Josline Titus het Sondagaand in Kimberley vermis geraak.

Ooggetuies het Josline Sondagaand laas gewaar toe sy by ‘n vreemde wit Golf ingeklim het.

René Grobbelaar, eienaar van Dial a Bake in Kimberley en ook Josline se baas, sê Josline kom eintlik van Keimoes af. “Sy ken nie regtig hierdie omgewing nie en sy het ook nie regtig vriende saam met wie ons dink sy kon ry nie.”

Grobbelaar sê Josline het nie ‘n selfoon nie en daarom kon hulle haar nog nie probeer bel nie.

Josline was volgens ‘n boodskap wat sy vir haar niggie, by wie sy hier bly, gelos het, op pad na haar tannie. Sy het nooit daar opgedaag nie en hulle het haar toe by die polisie as vermis aangemeld.

Josline het die dag van haar verdwyning ‘n swart spanbroek en ‘n wit hemp met ‘n goue streep aangehad.

Skakel asseblief dadelik vir René Grobbelaar by 0769054128 indien jy weet waar Josline is of haar iewers gesien het.