KIMBERLEY – Xena, ‘n varkhond-tefie, het Maandag in die Herlear-gebied vermis geraak. Daar is ‘n beloning vir die persoon wat vir Xena veilig aan haar eienaars kan terugbesorg.
Jolanda Loubser, Xena se eienaar, sê iemand het haar Maandag by die Robert Sobukwe-hospitaal gewaar, maar hulle kon haar nie vang nie.
Skakel asseblief 078 155 3035 of 071 506 4561 indien jy weet waar Xena is of haar iewers gewaar.



