Verander jou perspektief teenoor Covid-19

Deel hierdie storie / Share this story

Covid-19 word oor die algemeen met negatiwiteit geassosieer. Besighede sluit hul deure of werkgewers verminder hulle aantal werknemers sodat daar minder op kantoor kan wees.

Dis die perfekte geleentheid om ‘n klein besigheid te begin, maar hoe?

Potensiële oplossings

Bepaal of jou besigheidsidee ‘n langtermyn probleem gaan oplos. Die beste besigheidsidees begin as ‘n reaksie op ‘n spesifieke of dringende probleem wat tans  kop uitsteek. Hierdie pandemie het baie probleme na vore gebring en almal hou potensiële oplossigs in. Bv. mense wat maskers kort en mediese werkers wat lang ure werk en meer gebruik maak van wegneemetes. Maskers gaan nog lank ‘n groot deel van ons alledaagse lewe wees.

Toets die water

Maak seker jy het ‘n mark. Doen navorsing en toets die water. Stel vraelyste op oor hoeveel mense werklik sal belangstel. Wanneer jy wel besluit het op ‘n produk of diens, moet jy potensiële kliënte konstant herinner van jou bestaan. Mense bestee meer tyd aanlyn en dus kan jy jou besigheid op verskeie platvorms bemark.

In verskeie lande bied die regering finansiële hulp aan jong entrepreneurs wat kleinskaalse besighede wil begin. In China het ‘n groep mense robotte ontwerp wat hospitale ontsmet om sodoende gesondheidswerkers te help.

Volg FiND iT op Facebook hier.

Koop dié kosstalletjie vir R45 000 op FiND iT AUCTIONS nou Vrydag, vanaf 10:00 tot 14:00.