Meeste Suid-Afrikaners droom daarvan om te emigreer. Hulle wil wegkom van Suid-Afrika se misdaad wat elke dag die hoogte inskiet. Die lewe anderkant die water lyk beter en meer belowend.
Hamer en mes
Vir dr. Walter Reynolds (44) en sy gesin het die droom van ’n oorsese lewe sonder misdaad in ’n japtrap verander. Dié Suid-Afrikaanse dokter is Maandag in Alberta, Kanada, deur ’n pasiënt vermoor waar hy by ’n instapkliniek gewerk het. Die pasiënt het hom met ’n hamer en ’n mes aangeval. Die familie was al deur ’n soortgelyke situasie in 2007 toe sy jongste broer in Pretoria Suid-Afrika vermoor was.
Volgens ’n berig van CBC news, is die aanvaller (54) op die toneel in hegtenis geneem en geen ander verdagtes word gesoek nie. Die misdadiger is intussen aangekla van moord en twee aanklagte van aanranding.
Aangekla van moord
Walter en sy gesin woon al vir 15 jaar in Kanada en hy en sy vrou het albei burgerskap. Johan Myburgh, ’n Kanadese kollega van Walter, het ’n aanlyn fondinsameling begin om die familie finansieel te ondersteun.
Walter laat sy vrou, Anelia, ’n gekwalifiseerde apteker, wat nie tans praktiseer nie, asook twee dogters, Juliet en Claire, agter.
Volg FiND iT op Facebook hier.



