Bindi Irwin en haar man, Chandler Powell, het aangekondig hulle verwag hulle eersteling. Bindi is die dogter van oorlede Steve Irwin, bekend as die “crocodile hunter”.
Babahempie
’n Foto van die paartjie wat ’n babahempie vashou, het soos ’n veldbrand op verskei sosiale platforms versprei. “Baby Wildlife Warrior due 2021” was die opskrif.
Trou by dieretuin
Die paartjie het vyf maande gelede ’n intieme troue by die Irwins se dieretuin gehad. Bindi erken dit is nog vroeg in haar swangerskap, maar sy wil hulle ondersteuners deel van die nuwe hoofstuk in hulle lewe maak. Sy het ook op Instagram haar ondersteuners gevra om enige advies aan haar te stuur.
Volg FiND iT op Facebook hier.



