Meeste ken vir Eric Rinus Kok as die skrywer van ‘Roodepan Stories’ op Facebook. Asook ‘Daa Kom Auntie’ wat op Find It Kimberley geplaas word.
Staaltjies
‘Roodepan Stories’ is op 3 Februarie 2013 deur Eric begin om verligitng te bied van al die negatiewe stories en stres in die alledaagse lewe. Die bladsy op Facebook bevat staaltjies asook toneelstukke en kortverhale wat deur hom geskryf word.
In 2020 het Eric omtrent uitgeblink toe hy vir die African Authors Award genomineer was, deur Sonia Elie, en met die titel weggestap het.
Eric is ’n man met vele talente en steek dit definintief nie onder ’n maatemmer weg nie. Hy is die provinsiale voorsitter van South African Arts and Culture Youth Forum (SAACYF) asook Progressive Arts Network NPO (PAN). In 2016 behaal hy sy nasionale sertifikaat in Film- en Televisieproduksie by Movietech Film and Television College. Hy het ook al deelgeneem aan die SAACYF Script to Screen-werkswinkel in Johannesburg waar hy plek ’n plek in die top drie verkry vir beste draaiboekkonsep.
Facebookblad
Agter al hierdie prestasies en Facebookblad is Eric ’n stil persoon wat baie lief is vir die natuur en diere. Hy lees, skryf en kook graag in sy vryetyd. Hy vertel sy liefde vir lees kom van sy ouers en liefde vir stories vertel vanaf sy ouma.
Eric se sukses is nog lank nie verby nie en Kimberley sal hom moet dophou.
Volg Find It hier.



