Die 19-jarige Josline Titus wat Sondagaand vermis geraak het, is opgespoor.
René Grobbelaar, eienaar van Dial a Bake en ook Josline se werkgewer, sê sy het sopas ‘n oproep van Josline se niggie ontvang. Josline is eintlik van Keimoes en woon by haar niggie hier in Kimberley.
“Josline het nounet by die huis ingestap. Iemand het haar laat weet dat haar foto op Facebook is en dat almal haar soek en toe kom sy huis toe,” sê sy.
Dis glo ‘n nuwe vriend wat Josline Sondagaand ontmoet het, saam met wie sy tot nou toe verdwyn het.
“Gelukkig het sy nie seergekry of iets oorgekom nie. Baie dankie vir almal se moeite om na haar te help soek,” sê Grobbelaar.



