Die polisie het ‘n Sahara-skootrekenaar en ‘n Samsung J5-selfoon by ‘n winkel in Vaaltyn Village in die Taung-gebied opgespoor. Die goedere het aan een van die vermoorde Brand-gesinslede behoort en is vir R400 by die winkel verpand.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die polisie het ook ‘n handsak by Khomotso Mpumlwana, een van die vyf verdagtes in die saak, se huis gekry. Daar was verskeie kaarte, onder andere ‘n bestuurslisensie, identiteitskaart en winkelkaarte in die handsak, wat ook aan een van die slagoffers behoort het.
Die vyf verdagtes verskyn Donderdag 13 Augustus weer in die Hartswater-landdroshof.
Die Brand-gesin se troosdiens het gister in die NG Kerk Noorderharts plaasgevind.



