16 waterlekkasies in net drie buurte

Deel hierdie storie / Share this story

Ockie Fourie, DA-raadslid, is byna raadop oor die waterlekkasies in Kimberley wat telkemale al oor die afgelope paar maande gerapporteer is.

Die water lek steeds op ten minste 16 verskillende plekke in Belgravia, Beaconsfield en Klisserville. Hier is ‘n lys van die 16 plekke met duidelike lekkasies wat steeds nie reggemaak is nie.

  1. Waterpyp wat lek in Synagoguestraat.
  2. Beskadigde watermeter in Synagoguestraat.
  3. Waterlekkasie in Centralstraat.
  4. Waterlekkasie in Centralstraat.
  5. Beskadigde watermeter in Centralstraat.
  6. Waterlekkasie in Centralstraat.
  7. Beskadigde watermeter in Centralstraat.
  8. Nog ‘n beskadigde watermeter in Centralstraat.
  9. Lekkende stopkraan op die hoek van Rectory- en Newtonstraat.
  10. Waterlekkasie in Carringtonweg.
  11. Waterlekkasie op die hoek van Carringtonweg en Poolestraat.
  12. Waterlekkasie in Carringtonweg.
  13. Waterlekkasie op die hoek van Dalham- en Haberfeldstraat.
  14. Waterlekkasie op die hoek van Pullingerstraat en Broadway Place.
  15. Stopkraanlekkasie op die hoek van Broadway Place en Studystraat.
  16. Beskadigde watermeter by Broadway Place.

Thoko Riet, woordvoerder vir die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê die munisipaliteit is bewus van die lekkasies en sal opvolg.