Nuwe vrouemonument, “Opstaan”, onthul

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Nuwe monument, “Opstaan”, is in Parys in die Vrystaat onthul. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniging (FAK) het vandag dié monument ter herdenking van Nasionale Vrouedag en -maand onthul.

Die monument bestaan uit brons en sandsteen. Jacques Müller, die beeldhouer, het n boerevrou in brons uitgebeeld. Haar postuur is gedrewe en trots, penregop en grasieus. Agter haar rug word ’n brons ploeg getrek deur ’n gebroke aarde wat deur vier verskillende klippe op die sandsteenbasis voorgestel word.

“Hierdie monument is opgerig om eer te bring aan ons dapper Afrikanervroue en-dogters wat die konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog oorleef het en teruggekom het na hulle plase wat totaal vernietig was. Hierdie vrouens het uit die as opgestaan en saam ’n toekoms geskep,” lui die FAK se Facebook-inskrywing.