Verkragting-beskuldigde tot 30 jaar tronkstraf gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-WES – Lentikile Tau (28) is op 4 Augustus 2020 deur die Lichtenburg-streekshof tot 30 jaar tronkstraf vir verkragting gevonnis.

Tau het ’n egpaar van 48 en 37 oud in hulle huis aangerand en die vrou herhaaldelik verkrag nadat hy omstreeks 04:00 op Vrydag 5 Mei 2017 by hulle huis in Tlhabologang-lokasie in Coligny ingebreek het. Hy het die paartjie ook van geld beroof.

Die voorval is by die polisie aangemeld en die beskuldigde is uiteindelik op Maandag 20 November 2017 in hegtenis geneem. Gevolglik is Tau skuldig op aanklagte van verkragting, roof en aanranding met die opset om ernstig te beseer, bevind. Hy is tot 30 jaar tronkstraf gevonnis.